Welkom by ons webtuiste. Alle nuwe kennisgewings sal gereeld hier aangekondig word.
Wees vry om maar gereeld hier in te loer en sodoende op hoogte te bly van verwikkelinge waarvan ons u wil bewus maak!
Die skool se weeklikse nuusbrief met al sy baie belangrike inligting en ook die grappies sal hier te vinde wees.
Nuusbrief
soos op:
20 September 2024
VOORWOORD
Ons is drie kwart deur die akademiese jaar. Daar is nog 'n baie kort kwartaal oor voor ons finaal 2024 groet.
Kwartaal drie het soos elke ander kwartaal sy eie uitdagings gehad.
AKADEMIE
Leerders baie geluk en welgedaan aan almal wat hierdie kwartaal harder as ooit gewerk het om te slaag.
Ons is trots op julle.
Onthou wat ons vorige President Nelson Mandela gesê het:
"Education is the most powerful weapon which you can use to change the world!"
TOP 10
Baie geluk, welgedaan aan een en elkeen van julle wat so hard gewerk het om top 10 te behaal.
Julle hardewerk het vrugte afgewerp.
Sien die onderstaande top tien in elke graad van kwartaal drie.
SKOOL HER-OPENING
Skole heropen Dinsdag 1 Oktober 2024 stiptelik om 07:55
BEGROTINGS VERGADERING
Ons jaarlikse begrotingsvergadering vind op 14de November 2024 plaas.
BASAAR!
Watter dag vol opwinding en vreugde as gevolg van ouers en leerders se teenwoordigheid.
Die kleurvolle uiteensetting, van tafels deur ons eie opvoeders was 'n treffer.
Daar was mandjies, koek, toffie appels, spookasem, allerhande soorte kosse en nog meer.
Die spookhuis was ook 'n groot treffer na 'n hele paar jaar van afwesigheid.
Quad bikes, perde, en die speletjies het vele leerders en ouers na die Graad R tafel gelok.
Daar was iets vir elke kind om te doen.
Ons het die reuse bedrag van R73 374.60 op die dag van die basaar geïn.
'n Groot dankie aan alle ouers en voogde, oumas en oupas, vriende, mans en vroue van opvoeders wat goeie donasies en bydrae gelewer het.
Ons waardeer julle.
Julle bydrae in watter vorm ookal maak die Basaar altyd die moeite werd.
VERPLIGTE BYDRAE
Ouers, die SGB het by 'n amptelike ouervergadering besluit dat elke kind 'n R200 bydrae most maak vir die daaglikse funksionering van die skool.
Baie dankie aan al die ouers wat dit alreeds gedoen het, ons wagrdeer dit. Onthou gehalte onderrig kan net plaasvind as ons almal saam werk
SIEN DIE BANK BESONDERHEDE VAN DIE SKOOL HIER ONDER...
JUNIOR PROM
Ouers, ons jaarlikse prom vir Graad 7 is 29 November 2024.
Die Tema is "Glitz and Glamour, red carpet event".
Elke kind moet by einde Oktober hul R300 betaal het.
Hulle sal dan 'n uitnodigingskaartjie ontvang.
SPORT
Ons netbal en rugby wedstryde is eers klaar vir die kwartaal.
Die weer het tot gevolg gehad dat wedstryde uitgestel was, maar dit was agterna weer ingehaal.
Ons veerpyltjies het ook goed hierdie jaar afgeskop.
Volgende kwartaal sal ons definitief die somersport sowel as ons atletiek vir 2025 beplan.
WKOD
Soos u nou al almal weet is daar 2400 opvoeders net in die Wes-Kaap wat na ander skole herontplooi gaan word.
Daar is opvoeders wat oortollig verklaar sal word.
By ons skool het ons 2 opvoeders wat as sodanig benoem is.
Ons klasse se leerdergetalle sal dus as gevolg hiervan vergroot.
VEILIGHEID
Graag wil ons die ouers en leerders aanmoedig om gedurende die vakansietydperk enige ongewenste of kriminele aktiwiteite by die skool te rapporteer.
Ons doen 'n dringende beroep aan ouers en leerders om nie self die situasie op die terrein van die skool te probeer oplos nie, maar eerder aan die volgende instansies te rapporteer, nl.
SAPS (021 857 7100)
MAC CENTRAL BUSINÉSS,
Neighbourhood Whatch
Me.F.Solomons at 074 9966 499 of Me.F.Latief at 082 5879 355
HANDBOEKE
Ouers, u kind het handboeke aan die begin van die kwartaal ontvang.
Hy/Sy moet dit aan die einde van elke kwartaal inhandig om hul rapporte te ontvang.
Indien hulle dit nie terug besorg nie, moet u die handboek betaal.
BEDANKINGS
Opvoeders ~
Kollegas my hartlike dank gaan aan almal van u wat die ekstra myl vir ons kinders loop.
Dankie aan julle eggenote vir hulle bydrae.
U het weereens bewys dat as 'n span kan ons 'n "army" stormloop.
Laat my toe om Juffrou Kokaan 'n spesiale dankie te sê vir haar leiding en entoesiasme.
Assistente -
Dankie assistente in elke klas. Ek weet die skool betaal julle nie, maar julle maak 'n verskil in die klasse asook
in ons kinders se lewe.
Skoonmakers-
Opvoeding begin met 'n skoon omgewing.
Ons weet dat julle min is, maar tog word ons altyd vir ons netheid gekomplimenteer. Dankie vir die samewerking en gewilligheid om net julle beste te gee.
Kombuistannies -
Dankie vir julle uithouvermoë. Ek weet dat ons kinders nie altyd hul waardering aan u toon nie, maar ek wil u tog verseker dat daar een is wat eendag sal terugkyk wanneer hulle paaie weer met u kruis.
Hul sal dan glimlag oor al die lekker etes wat u met soveel liefde voorberei het.
Rus en kom uitgerus terug.
Carmen Foundation
Groot dankie aan Carmen Foundation vir hulle bydrae om Voedingskema aan te vul. Dankie vir die kospakkies wat julle elke kwartaal aan ons leerders verskaf. Ons waardeer regtig julle onbaatsugtige bydrae.
WEBWERF
Ouers besoek gerus ons webwerf by www.macassarps.org.za.
Hier word gereeld nuwe inligting en information gepos vir u gerief.
BANKBESONDERHEDE
NAAM VAN BANK: STANDARD BANK
TAK: SOMERSET MALL
REKENINGNOMMER: 072 317 264
TAKKODE: 033012
TIPE REKENING: LOPENDE REKENING
VERWYSING: LEERDERS SE NAAM EN KLAS BV:
KELLY MAART 1LJ
PSALM 18:32
IT IS GOD WHO ARMS ME WITH STRENGTH AND KEEPS MY WAY SECURE.

















