Welkom by ons webtuiste. Alle nuwe kennisgewings sal gereeld hier aangekondig word.
Wees vry om maar gereeld hier in te loer en sodoende op hoogte te bly van verwikkelinge waarvan ons u wil bewus maak!
Die skool se weeklikse nuusbrief met al sy baie belangrike inligting en ook die grappies sal hier te vinde wees.
Nuusbrief
soos op:
22 Mei 2024
VOORWOORD
Ouers, ons kommunikeer graag elke week met u, sodat u bewus kan wees watter aktiwiteite by die skool plaasvind.
Maak asseblief seker dat u Woensdae u kind die nuusbrief vra.
AKADEMIE
Ons nader nou die pylvak waar ons die leerders gaan toets oor wat hulle die kwartaal geleer het.
Ek doen 'n GROOT beroep op u om TOE TE SIEN dat u kind/ers leer en huiswerk doen.
Sien ingeslote EKSAMENROOSTER.
DISSIPLINE
Dankie aan al die ouers wat gedurig met hul kinders oor RESPEK praat.
Sonder u voordurende, ouerlike aandag in die verband, gaan ons baie min vordering maak.
Ons dissipline het baie verbeter.
Kom ons as volwassenes hou aan om die voorbeeld te stel.
VOORVERKOPE GRAAD 7'E
Die graad 7'e hou hierdie Vrydag hul voor-verkope.
Hul gaan heerlike chip rolls en koeldrank verkoop.
Chip rolls teen R25, koeldrank teen R10 en 'n combo teen R35.
BYDRAE
Dankie aan alle ouers wat alreeds hul R200 bydrae gemaak het.
Ons waardeer dit regtig.
Dit help baie om ons sekuriteits-beamptes asook een SGB opvoeder te betaal.
SKOOL SLUIT
Neem kennis dat die skool môre 23 Mei 2024 om 14:00 vir graad 4-7 sluit.
Tref asseblief die nodige reëlings met die leerder/s se vervoer.
Die leerders sal vanaf Maandag 27 Mei om 13:00 verdaag.
Sien toe dat u reëlings tref indien u kind van vervoer gebruik maak.
TOTSIENS
Ons se totsiens aan Juffrou T. Minus.
Sy was vir 3 jaar by ons skool. Sy verlaat die onderwys om na haar vorige werk terug te keer.
Juffrou, ons gaan u mis.
U het diep in ons harte gekruip.
Ons wens u alle Voorsped toe met u nuwe reis.

