Welkom by ons webtuiste. Alle nuwe kennisgewings sal gereeld hier aangekondig word.
Wees vry om maar gereeld hier in te loer en sodoende op hoogte te bly van verwikkelinge waarvan ons u wil bewus maak!

Die skool se weeklikse nuusbrief met al sy baie belangrike inligting en ook die grappies sal hier te vinde wees.

Nuusbrief

soos op:

14 Augustus 2024

VOORWOORD

Ouers, ek weet dat dit baie koud en nat is, maar u lewe, daaraan kan ons net die Here dankie sê vir sy liefde en genade.

AFWESIGHEID

Die afwesigheid van die leerders het baie afgeneem.

Daar is egter slegs ‘n paar leerders wat ‘n gewoonte maak om Maandae by die huis te bly.

Ek vra die ouers om tog die patrone by u kind op te tel.
Dit raak ‘n slegte gewoonte.

GRAAD R 2025

Hiermee herinner ek net u weereens dat die aansoeke vir graad R sluit die 16 Augustus 2024.

Indien u nog nie aansoek gedoen het nie, raak u dae nou baie min.

 

Bring die volgende dokumente saam:

1.) Afdruk van Identiteits Dokument [ID]
2.) Geboortepapier,
3.) Kliniekkaart (bl 4-5).

Gou maak, ons het alreeds baie aansoeke!

Ouers, moenie uitstel nie, ons het nog net plek vir 20 Graad R leerders.

 

VERKOPE

Baie dankie aan almal wat ons graad R en 1’e so mooi ondersteun het.

Hierdie week het graad 7 verkope.

 Hulle verkoop hamburgers teen R25 elk en koeldrank teen R10 elk. Hamburger en koeldrank combo sal R35 prys.

BASAAR!

Ouers, ons jaarlikse basaar kom nou vinnig nader (07 September 2024).

Gesels met die opvoeder by die spesiale vergadering op die 22 Augustus 2024 om u bydrae te bespreek.

POTJIEKOS

DISCO

SPRINGKASTELE

VIS BORD

FOTO’S

Ouers, alle foto gelde moet 30 Augustus 2024 inbetaal wees.

Foto’s sal dan vanaf 2 September 2024 beskikbaar wees.

HUISWERK KLASSE

Ouers, daar is huiswerk klasse wat aangebied word deur UCY (Unathi Community Youth) in die nuwe gemeenskapsaal [Civic] op
Maandae en Woensdae vanaf 15:00 tot 16:00

GESONDHEID

Ouers, daar is van u kind/ers wat aangewys was deur die verpleegster om in vir ‘n oogtoets te gaan.

Dit sal op 20 Augustus 2024 by die skool plaasvind.

U moet net sorg dat u kind daardie dag in die skool is.

Daar is ook ouers wat ander gesondheids briefies ontvang het.

U as ouer moet self sorg dat u die kind na die daghospitaal geneem word. U kan enige dag gaan.

OUERBETROKKENHEID

Ouers, ons waardeer u positiewe betrokkenheid by die skool, en u kind se akademiese groei en ontwikkeling.

Daar is egter ouers wat net skandaal maak en bitter ombeskof by die skool se hekke inkom en verwag dat almal vir hulle bang moet wees.

Ek het ‘n verantwoordelikheid om orde en dissipline op die skool te handhaaf en vriendlike leer-omgewing vir ons kinders en opvoeders te skep. Wees daarom gewaarsku dat ek nie sal skroom om ‘n interdik te kry en u toelating by ons skool te stop nie.

Die skool is besig met opvoeding.

Bring u kant of bly weg sodat ons ‘n trotse nasie kan bou met waardes soos RESPEK vir self en ander.

GRAAD 6

Alle graad 6 leerders sal weer vanaf Saterdag 17 Augustus 2024 vanaf 09:00 tot 11:00 die skool moet bywoon.

Ons maak staat op u samewerking.

BANKBESONDERHEDE

NAAM VAN BANK: STANDARD BANK

TAK: SOMERSET MALL

REKENINGNOMMER: 072 317 264

TAKKODE: 033012

TIPE REKENING: LOPENDE REKENING

VERWYSING: LEERDERS SE NAAM EN KLAS BV:

KELLY MAART 1LJ

PROVERBS 3:5

TRUST IN THE LORD WITH ALL YOUR HEART, AND LEAN NOT ON YOUR OWN UNDERSTANDING.

SKOOLHOOF DM WILLIAMS